Thursday 5 September 2019

One challenge that teachers experienced at your teaching practice school

Andrea Roxanne Schippers
219199701

Ek het geproef by Skurweberg Sekondêr . Die grootste uitdaging wat onderwysers by hierdie skool ervaar is ongedisiplineerde, bedwelmde kinders.

Die skool is sentraal geleë in die bokveld en bokant die skool is 'n woongebied. Onderwysers sukkel daagliks om kinders in klasse te kry want hul glip weg na die woongebied bokant die skool om dwelms te gaan koop. Hul kom en verkoop die dwelms aan ander leerders op die skool wat chaos veroorsaak. Tydens my proef was een leerder so onder die invloed van dwelms dat sy die skool wou afbrand. Onderwysers moes rond geval het om haar te kalmeer, selfs die polisie was ook daar vir beskerming . Die skool was daardie dag baie deurmekaar.

Tenspyte van alles was dit baie interessant om by hierdie skool my eerste prakties te doen.

No comments:

Post a Comment