Thursday 5 September 2019

PowerPoint






A sport or social event at your teaching practice school

Shachin Fisher
219028435

Sport is een van my grootste belangstellings. Skurweberg het op die 12 Julie teen Ceres Sekondêr gesepeel .Dus het ons daardie maandag baie hard geoefen om doe O/19 span gereed te kry vir die wedstryd. Die leerders was baie gesiplineerd en gehoorsaam aan my. Dit het my gehelp om goeie verhoudinge met die leerders op te bou.Hulle het meer respek getoon wanneer ek les aangebied het. Dit het my gemotiveer om die beste weergawe van myself te wees.
 Die wedstryd het plaasgevind en Skurweberg het gewen . Ek het so trots gevoel omdat ek 'n bydrae gelewer het Die spelers was baie toegewyd en hul span gees was reg. Dit was baie lekker om die wedstryd te kyk.

One challenge that teachers experienced at your teaching practice school

Andrea Roxanne Schippers
219199701

Ek het geproef by Skurweberg Sekondêr . Die grootste uitdaging wat onderwysers by hierdie skool ervaar is ongedisiplineerde, bedwelmde kinders.

Die skool is sentraal geleë in die bokveld en bokant die skool is 'n woongebied. Onderwysers sukkel daagliks om kinders in klasse te kry want hul glip weg na die woongebied bokant die skool om dwelms te gaan koop. Hul kom en verkoop die dwelms aan ander leerders op die skool wat chaos veroorsaak. Tydens my proef was een leerder so onder die invloed van dwelms dat sy die skool wou afbrand. Onderwysers moes rond geval het om haar te kalmeer, selfs die polisie was ook daar vir beskerming . Die skool was daardie dag baie deurmekaar.

Tenspyte van alles was dit baie interessant om by hierdie skool my eerste prakties te doen.

Something interesting about the school where you did your teaching practice

Stephanie Abigail Solomons
219122814

Op woensdag 24 Julie was vir my die interessantste dag ooit!. Vyf onderwysers by die het op daardie dag verjaar . Volgens bespiegelinge is hierdie dag elke jaar die beste dag ooit van skool en ek kan getuig dat dit werklik so is. Twee van daardie 5 onderwysers was in 'n verhouding. Die res van die personeel het besluit om na skool vir daardie onderwysers 'n verassingspartytjie te gee. Die partytjie was al 2 weke voor die tyd beplan . Al die studente wat daar geproef het was verantwoordelik vir die opmaak van die saal . Dit het ons sommer die moed gegee om lekker met mekaar te kan kommunikeer nadat die helfte van ons nie mekaar ken nie.
Die partytjie was na skool gehou en op daardie dag het skool vroeëer verdaag.

By die partytjie kon ek sien dat die onderwysers baie omgee vir mekaar volgens die baie geskenke wat aan die spesiale onderwysers gegee was.
Ek het dit persoonlik baie geniet.